As die nuutste Mooiloop
nie in jou gunsteling-winkel beskikbaar
is nie, laat ons asseblief weet. Kliek
hier.
Hein Bester: Dis nogals snaaks
hoe ons, Suid-Afrikaners hier in Londen,
alle moontlike mediese ondersoeke, pille
en brille altyd los vir daardie kuier
by die huis. [lees
meer]
Willie Coetzer: Al ooit daaraan gedink
om die moed (en die dollers) bymekaar
te skraap vir die rit van jou lewe?
Nie 4x4 nie, nie jaag nie, nie vegvliegtuie
nie, maar stadig, statig, hoog bo moederaarde!
Ja, olifant ry. [lees
meer]
Dawie Kruger: Maar mooi bly hy mooi
enige plek in Afrika, bosveld, woestyn
of op die strand. [lees
meer]
Nelis Engelbrecht: Ja-nee, daar is nou
vir jou 'n man wat nie rus kry nie,
65 jaar oud en vat nog die perd vroeg
more om skaap bymekaar te maak. Ek het
hom later gaan aflos toe ek daar aan
kom sodat hy brekfis kan eet. [lees
meer]
Rohan Strydom:
Daar aangekom, besef die olifante dat
dit nie so idillies is soos mense dit
wil uitmaak nie, dis koud. Nat. Geen
kos. [lees
meer]
Lodie de Jager:
Met my terugkeer van Naboom2Germany
het die totale negatiewe instelling
van so baie Suid-Afrikaners my geskok.
Ek was nie meer daaraan gewoond nie.
Ek was gevul met 'n positiewe geloof,
in mense, oor die toekoms, oor die krag
van God se genade. [lees
meer]
Peter Thomas: Sommer
gou-gou is ons tent opgeslaan en die
klere mooi opgehang of in hopies op
tafels reggesit. Die Wit Olifant-goed
staan langs die tent vir nuwe eienaars
en wag. Toe vat ek my kamera en gaan
kyk hoe lyk dit by die kostente. [lees
meer]
Hannelie Visser:
Ek was lanklaas so opgewonde! Die ander
mense in die bus ook. En die heerlikste
van alles, amper almal was Suid-Afrikaners.
[lees meer]
Marietjie Nel:
Shivon groet my en druk iets in
my hand. Ek loer vinnig en sien op die
opgevoude dollernoot n een en
n nul. Sy het ook nog ver om te
toer, kan sekerlik nie n groter
tip bekostig nie. [lees
meer]
Mooiloop/ReisNet Reisstorie-kompetisie
Deel jou herinneringe en wen ’n naweek-wegbreek van jou keuse
Mooiloop en ReisNet fokus maandeliks op ’n bestemming. ’n Erkende skrywer skryf sy/haar ervaringe van ’n plek, terwyl een LitNet-leser se skrywe oor dié bestemming saam met die skrywer se verhaal in Mooiloop verskyn. Skryf 300 woorde oor jou herinneringe of indrukke van die bestemming - wat maak hierdie bestemming vir jou spesiaal? Stuur jou inskrywing na reisskryf@litnet.co.za en staan die kans om 'n naweek-wegbreek ter waarde van R2 000 te wen.