Ramsay, Son & Parker (Pty) Ltd

 

 
 TUISBLAD
 NUUTSTE UITGAWE
 VAN DIE REDAKTEUR
 BOSSTORIES
 GROEN WENKE
 RADIO LANGPAD
 CHRIS BARNARD
 DOENDINGE
 BLOGS
 KOMPETISIES
 JULLE FOTO'S
 KONTAK
 SKAKELS
 SKERMBEELDE
 
 



Doendinge
 

Montagu se 20ste roos- en blommeskou

Montagu bied sy jaarlikse roosskou van 23 tot 25 Oktober 2008 aan. Deelnemers van oor die hele land sal by die Montagu Country Hotel saamtrek en van die dorp se mooiste tuine sal vir die publiek oopgestel word. Die hoteltuin sal stalletjies huisves waar 'n verskeidenheid produkte te koop aangebied sal word. Die feesverrigtinge word Vrydagaand met 'n dans en 'n pretveiling afgesluit.

Kontak: Nelda Wiese, 023 614 3279, 083 303 9400; Estelle Emmett, 079 522 2089.

Vier somer met 'n piekniekkonsert

Klink op die somer met 'n piekniek-konsert by Nederburg op Sondag 26 Oktober 2008 om 17:00. Ontspan op die grasperk voor die herehuis en geniet die musiek van die UCT Big Band.

Kaartjies beloop R60 per persoon en jy kan jou eie stoel, kombers en eetgoed saambring. Of jy kan 'n piekniekbord teen R65 per persoon bestel. Bespreking is noodsaaklik vir piekniekborde. Geen ander wyn as dié van Nederburg sal toegelaat word nie.

Kontak: Irma Albers, 021 809 8106, ialbers@distell.co.za.

Kersmark in Oktober

Kry jou Kersinkopies agter die rug by die Kersmark in Franschhoek. Van tuinmeubels vir Barbie en Afrika-speletjies tot sjokolade vir die soettand en vele meer. Geniet sommer ook 'n ligte maaltyd en iets te drinke in die teetuin. Kredietkaartgeriewe is beskikbaar en daar is gratis parkering onder koeltebome by die NG kerksaal in Hugenoteweg.

Die mark is oop van 31 Oktober tot 8 November 2008, daagliks tussen 9:00 en 18:00. Gesluit op Sondag 2 November.

Kontak: Amelia Schwenke, 072 254 7722, amelia.schwenke@gmail.com.


Musiek in die mis

Geniet 'n naweek gelaai met musiek en 'n aanbieding oor voëls van 7 tot 9 November 2008 by die Magoebaskloof-hotel, Tzaneen. Koste beloop R3 250 per persoon wat deel, insluitend ontbyt en aandete, middag- en aandmusiekkonserte en voëlkyk-aktiwiteite. Minimum van 70 persone.

Kontak: 033 266 6113, kim@montybrett.com, www.montybrett.com.

Kyk kuns in 'n kelder

Thys Walters, 'n kunstenaar en valkenier wat onder die befaamde beeldhouer Dylan Lewis se vlerk werk, hou sy eerste eenman-uitstalling by die Van Ryn's-distilleerdery in die Vlottenbergvallei, Stellenbosch.

Hy stal tot Saterdag 29 November 2008 olieverfskilderye en beeldhouwerke teen die agtergrond van die distilleerdery se koperpotketels uit. Thys het al in Duitsland en Nederland uitgestal, en het Van Ryn's vir die rustigheid, klem op vakmanskap en geleentheid vir nadenke gekies.

Sy beeldhouwerke van roofvoëls, honde, reptielskedels en abstrakte stukke is met brons, hout en sandsteen geskep, en toon fyn detail wat van 'n intieme blootstelling aan die natuur getuig.

Indien vooraf gereël, sal Thys beskikbaar wees om besoekers deur die uitstalling te vergesel, en sal hy dan sy tegniek vir die bronsgietsels verduidelik, en hoe hy die aanvanklike boetseersels van was maak om die fyn oppervlakdetail te skep.
Besoekers aan die uitstalling kan ook van die distilleerdery se bekroonde brandewyne proe.

Ure: Weekdae van 8:00 tot 17:00 en Saterdae van 9:00 tot 14:00.
Kontak: 021 881 3975.

Hou piekniek in die wynland

Nederburg se pieknieks word vanaf 9 November 2008 tot einde Maart bedien onder heerlike skadubome of op die uitgestrekte grasperk. Om jou rys die Drakensteinberge en die geskiedkundige Nederburg-herehuis staan teen die agtergrond.

Deli-piekniekmandjies, met varsgebakte brood, 'n verskeidenheid van kase, koue vleis, patee, pasta, slaaie, ingelegde eetgoed, koffie en 'n soetigheidjie is beskikbaar teen R130 per persoon. Mandjies vir vegetariërs en kinders is ook beskikbaar.

Bespreek twee dae vooruit.

Kontak: 021 862 3104, nedwines@distell.co.za.

Blitsige matrose les Kaapse dors

Van 3 tot 15 November 2008 kom van die wêreld se beste seiljagvaarders aan Kaapse wal. Die bote van die deelnemers aan die "Formule Een" van seewedrenne, die Volvo Ocean Race (www.volvooceanrace.org), sal vir die duur van die oorbly- en hersteltydperk by die Race Village van die V&A Waterfront in Kaapstad voor anker lê.

Besoekers sal die seiljagte binne en buite die water kan sien, asook 'n Volvo-bootprodukte-uitstalling en modelbootresies.

Die Volvo-wedren, wat oor vier oseane, 37 000 seemyl en tussen vyf vastelande strek, hervat op 15 November uit Kaapstad. Dié wedren, wat op 4 Oktober in Alicante, Spanje, begin het, duur nege maande en word as die wêreld se top-resies vir professionele seiljagvaarders beskou.

Fees van aronskelke

Op Vrydag 28 en Saterdag 29 November 2009 vier Roossenekal, wat in Limpopo teenaan die Mpumalanga-grens lê, varkoorfees.

Die geelaronskelke (Zantedeschia pentlandii) staan ook bekend as die mapoglelie en hy blom tot einde Desember Plante in blom sal te koop wees.

Die fees bied tuisgebak en verversings; 'n teetuin; plaasprodukte; handwerk en kunsartikels; 'n biertuin; mampoerproe en wegneemetes. Verskeie kunstenaars tree Saterdag op. Toere word onderneem in die distrik waar groot getalle blomme voorkom - bring jou kamera saam. Die Geelvarkoor-gholftoernooi word op die klub se kortysterbaan gespeel.

Toegang kos R50 vir volwassenes en R10 vir laerskoolkinders. Ry met die R555 vanaf Middelburg in die rigting van Steelpoort. Neem sowat 80 kilometer vanaf Middelburg die afdraai na Lydenburg.

Kontak: 013 273 7025, franscon@lantic.net.

Paddatel in Mpumalanga

Die Matotoland-ekotoerisme-vereniging hou Saterdag 29 November 2008 'n padda-en-vleiland-naweek te Chrissiesmeer, Mpumalanga.

Om 11:00 vertrek Anton Linstrom vanaf die Coffee Shoppe en oud en jonk word saamgenooi om die spesiale moerasturf in die rietpanne te ondersoek. Toegang is gratis. Onthou stewige stapskoene, jou hoed, swemklere, rugsak, waterbottel en kos, jou roeiboot, sonskerm en kampeerstoele. Kospakkies kan bestel word by 073 194 6801.
Die Padda-aand begin om 16:00 met 'n skyfievertoning by Florence-gasteplaas en doktor Vincent Carruthers is die aanbieder. Daarna is dit die Groot Paddajag (nee, net vir uitken, nie huis toe vat nie) om 18:30. Hiervoor betaal volwassenes R130, laerskoolkinders R90 en voorskoolse kinders R70.

Bring waterstewels of ou tekkies, warm klere, 'n sambreel of reënjas, drinkgoed en 'n deursigtige houer of sak om die paddas in te sit. Van korttoon-vleipaddas (Kassina senegalensis) tot blikslanertjies (Cacosternum boettgeri) sing hier voor in die koor.
Die aand eindig met 'n watertand-Matotoland-potjie wat by die prys ingesluit is.
Kontak: 017 847 0051, info@florence.co.za, www.chrissiesmeer.co.za.

 

 

 


footer